Soek Latest topics | Die Reddingsbootjie Thu Mar 11, 2010 5:30 pm by Admin Volksgenote Ek stel aan julle bekend Die Reddingsbootjie Hierdie is n Aftree oord te Orania, vir volksgenote wat nie immigreer nie. Dit is in finale beplanning huidiglik en eersdaags in aanbou sal kom. Daar sal 750 eenhede gebou word in vyf fases. Die doel hiervan is om die lewenstandaard van ons afgetredes te kan behou, in terme van stabiliteit en om in vrede en harmonie saam met volksgenote hul goue jare te kan spandeer. Met die beplanning daarvan is aandag gegee aan elke aspek van kwaliteit van lewe en genoeg same funksies wat dit vir die inwoner sal laat voel dat hy op vakansie is (hy het mos klaar gewerk)... Die aftree oord sal die volgende eienskappe he: Die reeks van eenhede sal bestaan uit: Woonstelle: Met woonstelle word bedoel dat dit op grondvlak sal wees maar aanmekaar gebou. 37vkm vir aleenlopende mense 54vkm enkel slaapkamer vir enkel of dubbel gebruik 80vkm twee slaapkamer eenhede 120vkm twee slaapkamer eenhede (groter leef area's) met twee badkamers 140vkm drie slaapkamer eenhede Woonstelle is beskikbaar met enkel of dubbel motorhuise en of afdakke. Los staande eenhede (Huisies) Die los staande huisies sluit in alle gevalle n ingeboude motorhuis in. (Die motorhuise is effe groter as n standaard motorhuis. (Vir ingeval rystoel gebruik moet word of adisionele stoorspasie) 118vkm twee slaapkamer eenheid 140vkm twee slaapkamer eenheid 150vkm drie slaapkamer eenhede 200+vkm ontwerpers huisies Selektiewe erwe waar iemand sy eie ontwerp mag laat bou Daar sal ook medium en hoe sorg eenhede wees, daar sal ook eetsale wees waaraan U nie verplig is om van te gebruik nie, etes kan geboek word en ook afgelewer word. Bykomende funksies Sport en ontspaning Binneshuise speletjies soos kaarte ens Internet sentrum Stokpertjie sentrum vir mans en dames. Hierdie sal houtwerk, staalwerk, pottebakkery, skilderwerk, naaldwerk ens insluit. Buitemuurse aktiwiteite soos swembaddens, tennis, staproetes, jukskei, mini golf en rolbal. Alle eenhede sal n onafhanklike elektrieseteits bron he wat maak dat jy nooit elektrieseteit sal hoef te betaal nie. (slegs onderhoud - minimaal) Gemeenskaplike bates wat inkomste lewerend is sal insluit: Aandele in: Hospitaal Voledige hospitaal wat van die beste fasiliteite in die land sal he Hotel Hotel wat twee ledig sal wees, die een deel sal kuiermense na die oord akkomodeer en die ander deel sal gemik wees op buitelanders uit ons Moederlande, ook vir buitelanders wat herstel na operasies. Toer onderneming: Die Aftree oord sal die bates van hierdieonderneming besit. Hierdie sal ook as opleidings fasiliteit dien en dit sal die geleentheid skep vir elke Afgetredene van die oord om twee keer per jaar n toer mee te maak teen kosprys (Verblyf en kos, brandstof) Hierdie toere sal ook deur opgeleide mediese persoon meegemaak word. Die selfde onderneming sal ook spesialiseer in toere vir buitelandse afgetredenes. Groete Comments: 0 | Statistics Ons het 3 geregistreerde gebruikersDie nuutste geregistreerde gebruiker is kanwilsal Ons gebruikers het altesaam 8 artikels geplaas in 6 subjects Wie is Aanlyn Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas Geen Meeste gebruikers ooit aanlyn was 9 op Tue Jan 24, 2012 7:48 am Social bookmarking Bookmark and share the address of Orania Ontwikkelings Forum on your social bookmarking website Bookmark and share the address of Orania Ontwikkelings Forum on your social bookmarking website |


» Algemene foto's
» Die Reddingsbootjie
» Your first subject